Sjoe, ek weet nie of dit net by die Noodhulpliga is nie, maar hierdie jaar het gevlieg soos g’n ander jaar nie. Ons raai dit is omdat die wêreld oop is na Covid en almal baie besig was … en is ons nie bly daaroor nie!
En so het ons toe op 17 April 2022, sewe en tagtig jaar oud geword. Ons verlustig ons steeds aan die feit dat die Liga na al die jare steeds ‘n bydrae kan lewer op die vlak van noodhulp opleiding.
Die begin van lente en nuwejaar voel vir my dieselfde. Die moontlikheid van iets nuuts. Iets in die lug – dit ruik na reën en gesnyde gras. ‘n Nuwe dagboek, ‘n nuwe kalender.
Die verhaal van Jesus se geboorte begin met ‘n jong meisie met die naam Maria. Maria was ‘n jong meisie wat in Nasaret gebly het. Terwyl sy eendag by haar huisie besig was, staan daar skielik ‘n engel by haar.